| |
Die gewildheid van spysenieringsveiling het in die afgelope paar weke gegroei met meer en meer kliënte wat die veilings in Brackenfell besoek. Western Cape Auctioneers is trots om hierdie veilings na ’n nuwe hoogte te neem deur weekliks die veilings met gehalte voorraad toe te rus. Dit het vir party kliënte tradisie geraak om weekliks dié veiling op Donderdae by te woon.
Harde werk en die regte keuses het ’n ommekeer teweeg gebring en sodoende die maatskappy op die lys van leiers in dié bedryf geplaas. Hulle personeel sal restaurante, bakerye, slaghuise en selfs supermarkte op ’n daaglikse basis binne gaan om items te kry wat op publieke veiling geplaas moet word.
Die omkeertyd van items en produkte om te verkoop is baie vinnig aangesien mense deesdae baie op soek is na produkte om hul eie restaurante oor te doen óf nuwe takke oop te maak. Die pryse van produkte op veilings is steeds baie kompeterend danksy die kwaliteit van produkte, maar dit is steeds ’n winskoop vir diewat dit benodig.
Meer as 350 items word weekliks deur Western Cape Auctioneers verkoop en die administratiewe departement het soms hulle hande vol met meer as 100 kopers en 50 verkopersweekliks.Maarmet behulp van die ervaremee. SherrilBaard,ChristelOlivier enMandy (kort van), vind kliënte die veilings altyd ’n plesier. Mnr. Chris Baard, die besturende direkteur van die maatskappy het ’n handelsnaam opgebou waarop enige afslaer trots kan wees. Om die enigste spesialis spysenieringsafslaers in die land te wees vat harde werk en baie moeite. Western Cape Auctioneers sal ook binnekort moontlike takke in die res van SuidAfrika oopmaak, hoeweldiemeerderheid sake uit dieWesKaap kom, is baie veilings al regdeur die land gedoen.
Welwillendheid speel steeds ’n groot rol in dié maatskappy, en mnr. Stef Olivier, direkteur van Western Cape Auctioneers, het verlede week die Curro Privaatskool in Langebaan gehelp met hulle jaarlikse wyn en sportsgedenkwaardighede veiling. Die skoolhoof, mnr. André Pollard was baie gelukkig met die ondersteuning. Krogmannspyseniers het die grootste en bestepotjiekos gemaak en een van die items wat opgeveil was,was ’n rugbytok van die Springbokspeler,Francois Steyn, wat vir ’n enorme R13 500 verkoop het.
Hierdie komende week, op Donderdag 3 September om 11:00, sal die inhoud van CJ Steakhouse by Western Cape Auctioneers se perseel in Brackenfell op die blok wees. Koeldrank yskaste, kroeg yskaste, restaurant tafels en stoele, piekniektafels en ’n groot hoeveelheid breekware en eetgerei sal opgeveil word.Kontak 0021 981 6687 vir meer inligting of besoek die webwerf www.westerncapeauctioneers.co.za
|
|