| |
Kuierkroeg en supermark word binnekort opgeveil
Op Saterdag 6 Februarie om11:00 sal kopers die
gulde geleentheid hê om ’n volledige onderneming
per openbare veiling te koop.
Die Barock Sports Bar & Steakhouse sal op die
perseel in Gimnasiumweg,
reg uit die hoofstraat in die
Paarl, opgeveil word.
Hierdie mooi restaurant
het ’n paar maande gelede
opknappingswerk ondergaan
en is net bietjie meer
as ’n jaar oud. Dit is op die
perseel geleë waar Cattle
Baron voorheen was, wat ’n
bekende adres is.
Hoewel die restaurant in
die laaste tyd baie goed gevaar het, wil die eienaar
ander belangstellings nastreef en is hy dus
beslis daaroor dat die restaurant verkoop moet
word.
Die onderneming word volledig met groot
kombuis en sitplek vir meer as 170 mense verkoop.
Dit is ’n baie gewilde restaurant in die Paarl
en sal enige restaurateur die geleentheid van ’n
leeftyd bied.
Kontak mnr. Stef Olivier by
stef@westerncapeauctioneers
vir meer inligting.
Die hamer sal ook val op die
volledigebates vanRivierra Supermark
in Kuilsrivier op Dinsdag
9 Februarie om 11:00 op
die perseel. Die volledig bates
sluit onder meer die koelkamers,
vrieskamers, bakkerytoerusting,
winkelrakke en uitstaleenhede
in.
BesoekWestern Cape Auctioneers sewebblad
gerus by www.westerncapeauctioneers.co.za of
skakel 0021 981 6687 vir meer inligting. |
|