| |
Western Cape Auctioneers is vol vertroue
dat 2010 opwindende moontlikhede
vir Kaapstad se beleggers inhou.
Ook vir die personeel van hierdie afslaersonderneming,
wat hul vakansie
moes kort knip om in die vraag na spyseniers produkte
van gehalte te voorsien.
Die eerste veiling het reeds die afgelope
Donderdag by hul veilingsperseel
in Brackenfell, Okovangopark plaasgevind
en was ’n groot sukses.Meer as 300
lotte goedere is verkoop en die kopers
het die een slag na die ander geslaan.
Die volgende veiling vind Donderdag
om 11:00 by die veilingsperseel
plaas. Hierdie keer sal die volledige bates
van ’n gewilde deftige restaurant,
wat in die Tygerwaterfront geleë was,
opgeveil word. Al die bates is verwyder
en in ’n baie goeie toestand.
Sedert die begin van die jaar is drie
restaurante gesluit, maar daar is hoop
dat die restaurantbedryf vanjaar weer
sal groei en dat meer mense veilings sal
bywoon om toerusting te bekom.
Gedurende 2009 het Western Cape
Auctioneers die bates van altesaam 101
restaurante in die WesKaap
alleen verkoop.
Verlede Donderdag is die bates
van twee restaurante opgeveil.
Die volledigebates van BJ Restaurant
by die lughawe en ’n koffiewinkel in
Parow is verkoop. Restaurante verwag
dat hulle in die volgende paar maande
bykomende kliënte kan verwag met die
Wêreldbeker sokkertoernooi
wat op
hande is.
Baie restaurante word tans opgeknap
en uitgebrei om hiervoor voorsiening
temaak. Vir restauranteienaars
wat van hul ongewenste goedere ontslae
wil raak, is Western Cape Auctioneers
’n gerieflike afsetpunt om sulke
goedere van die hand te sit,en ook sommer
ander toerusting van hoë gehalte
vir nuwe restaurante aan te skaf.
Western Cape Auctioneers is reeds vir
die afgelope 11 jaar welbekend daarvoor dat hulle weekliks
veilings van spyseniers toerusting
hou.
Hierdie onderneming is besig om
vinnig uit te brei, en hulle is vol vertroue
dat 2010 ’n bedrywige jaar gaan wees.
Tydens eerskomende Donderdag se
veiling sal daar onder meer nuwe goedere
wees wat deel is van ondernemings
wat gelikwideer is en verkoop
moet word.Die goedere wissel van bakkery en
slaghuis tot
spysierniers toerusting.
Die Veilingskool open ook weer op
15 Februarie vir die eerste kursus om
opleiding te verskaf oor die tegnieke
wat benodig word om ’n suksesvolle
afslaer te word.
Die skool word weens die groot belangstelling en aanvraag heropeneninskrywings
vir die eerste kursus vorder
fluks.
Vir meer besonderhede of om vir jouself
plek te bespreek by dié skool stuur
gerus vir mnr. Stef Olivier ’n epos
na
Stef@westerncapeauctioneers.co.za. |
|