| |
Die familie onderneming Western Cape Auctioneers het in die afgelope jaar waarlik sy vlerke gesprei en ’n verskeidenheid suksesse in alle aspekte van die veilingsbedryf behaal. Met ’n rekordgetal van 104 restaurante wat in 2008 op die blok gekom het, het Western Cape Auctioneers waarlik ’n uitdaging gehad om in 2009 net soveel óf meer restaurante te likwideer en hul bates op te veil. En dit was ook so, nie net aan die restaurant kant van die bedryf nie, maar in alle aspekte van veilings.Hulle het die bates en toerusting van 99 restaurante suksesvol opgeveil. Die grootste veranderinge van die vorige jaar was die hoeveelheid toerusting en die toestand van die meeste spysenierstoerusting wat op die vloer was. “Ons het noodgedwonge na ’n groter perseel verskuif aan die begin van die jaar danksy die hoeveelheid veilings wat ons tóé reeds gehad het. Die nuwe perseel in Okavango Park, Brackenfell, het aan ons ’n groter veilingsvloer gebied, maar het ook die geleentheid gebied om dit vir ons kliënte geriefliker te maak om ons veilings by te woon. In sommige gevalle hierdie jaar, het ons tot soveel as vier veilings in een week gedoen om by te hou met die aanvraag om te verkoop. Meer as 200 los items was tydens elke veiling op die vloer en meer as 1 000 mense het deur ons deure geloop en ons veilings bygewoon,” sê mnr. Stef Olivier,'n direkteur van Western Cape Auctioneers. ’n Paar van die hoogtepunte van die jaar is verseker die verskeidenheid veilings wat dié groep hierdie jaar aangepak het. Vroeg in Januarie is die totale inhoud van AluLite Aluminiumfabriek in Parow verkoop. Dit was ’n beduidende teken op die maande wat voorlê. Buiten die twee restaurante wat op gemiddeld per week toegemaak is, het ander items ook deur die afslaers se hande gegaan, soos die bates van ’n suiwel produksie fabriek in Maart, alle toerusting en bates van ’n gimnasium en die totale inhoud van ’n DVD winkel in Augustus. Die eiendomsveilings het in alle gevalle vir die afslaers sukses ingehou met die hoogtepunte as kommersiële eiendomme in Riviersonderend en Elsiesrivier wat meer as markwaarde behaal het. Twee huise in Parklands is ook suksesvol verkoop. “Ons kyk nie daarna as ’n eiendom wat weg of verkoop is nie, maar as die veiling wat suksesvol was,” sê Olivier. Die maatskappy het 11 jaar gelede begin deur meubels te verkoop vir een van die grootste meubel maatskappy in Suid Afrika en hierdie jaar het miljoene rande se kantoor en ander meubels deur die afslaers se hande gegaan. Maar as ’n spesialis in die spyseniersbedryf vestig Western Cape Auctioneers hulle aandag egter op die toemaak van restaurante en die verkoop van toerusting en los items. Van die restaurante wat hierdie jaar op die blokwas,was die News Café in Groenpunt, Wimpy in Montague Gardens,die bates van twee Spur’s en verskeie Steers restaurante, om net ’n paar van die 99 uit te lig. Die moeilikste taak was om vier restaurante in een week toe te maak, ondermeer die Dros by die lughawe, gevolg deur die Juicy Lucy en Sports Café, ook by die lughawe. “Die grootste suksesverhaal is die uitstaande betrokkenheid van die personeel wat naweke tot twee uur in die oggend en alle snaakse ure van die dag werk sodat ons die items betyds op die vloer kan hê. Hulle is die hart van ons suksesvolle onderneming,” sê Olivier. Western Cape Auctioneers het ook nuwe personeel aangestel in die vorm van mee. Chanel Baard en Christel Olivier, dogters van mnr. Chris Baard en sy vrou, Sherril, die eienaars van die maatskappy, en mnr. Dawid van den Berg om te help met die spyseniersveilings. Die maatskappy het ook hierdie jaar teruggegee aan die gemeenskap deur ’n paar welwillendheidsveilings te doen en sodoende meer as R2 miljoen aan verskeie organisasies te skenk. Western Cape Auctioneers sal hulle jaar afsluit met ’n Kersveiling op 12 Desember om 11:00. Alle items wat by die veiling verkoop word, sal |
|