Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

 

Talle winskopies kan by veilings opgeraap word

 
  Western Cape Auctioneers is vinnig besig om hulle veilingsdagboek totdieeindevandiejaar vol te maak.
Hierdie week alleenlik sal hulle drie veilings behartig en sowat 2 500 items verkoop.

Eerste op die lys is die toemaakveiling van die Outdoor meubelfabriek in Killarney Gardens op Dinsdag 27 Oktober om 11:00.Die items sal wissel van 12sitplek buite tafels en stoele, 10sitplek buite tafels en stoele en selfs ronde viersitplek tafels wat baie gewild is.
 
Piekniektafels en swembad stoele sal ook beskikbaar wees in groot hoeveelhede, sommige met uitstaande ontwerp en gemak perfek vir die somer.
Donderdag sal die bates van ’n bekende seekosrestaurant, tesame met die bates van ’n roomyswinkel onder die hamer kom by die veilingshuis in Brackenfell.Die toerustingis in ’n goeie toestand en sal wissel van soesji vertoonyskaste, glasdeur kroegyskasteenskuifdeur koeldrankyskaste. Drie draairoomys masjiene sal ook onder die hamer kom.

Die afslaers is baie gelukkig met die spysenieringsveilings tot op hede.

Die kliënte gee positiewe  terugvoer en meer en meer mense woon die veilings by én kom weekliks terug.

Met ’n maklike vloei aan die veilings, is dit maklik vir diegene wat die
eerste keer ’n veiling bywoon.

“Ons is in die proses om die spysenieringsveilings uit te brei om dit selfs meer opwindend te maak vir ons kliënte,” sê mnr. Stef Olivier, een van die direkteure.

Aangesien die W.P. nie deurgedring het tot die Curriebekerfinaal nie, sal een van hulle grootste ondersteuners, Western Cape Auctioneers, op 31 Oktober ’n veiling by hulle perseel in Okavangopark doen, waar die inhoud van ses stoorkamers verkoop moet word.
Al die items is deur die banke teruggeneem en sal ongeresserveerd op veilingwees.

Dié is die ideale veiling om winskopies op te raap en sal om11:00 begin.
Vir nog inligting oor enige van die veilings, kontak gerus Western Cape Auctioneers by 0021 981 6687.
 

 

   
footb