| |
Western Cape Auctioneers het op Donderdag 15 Oktober die standaarde weer eens verhoog met die spysenieringsveiling wat by hulle perseel in Brackenfell gehou is. Hiér het hulle die bates van ’n BBQrestaurante verkoop.
Die bywoning aan die veiling was fantasties endie bieëoorlog het van begin tot einde gehou. Goeie gehalte toerusting is ’n goeie verkoopspunt en die resep tot Western Cape Auctioneers se sukses.
Die kliënte koopmet ’n groot gemaklikheid by dié veilings wetend dat die toerusting van ’n goeie gehalte is.
Ons is vinnig oppad na die einde van die jaar toe en met die somer ook op pad is die restaurant seisoen hier. Western Cape Auctioneers sal tot diep in Desember steeds hulle spysenieringsveilings hou.
Met ’n groot verskeidenheid items van restaurante wat toemaak of oorgedoen word, is die keuses en moontlikhede baie opwindend. Diemaatskappy het sowat 81 restaurante in hierdie jaar gesien toemaak en het hiérdie kliënte gehelp om van hulle bates te verkoop. Nóg ’n veiling van spysenierstoerusting sal op Donderdag 29 Oktober om 11:00 by Western Cape Auctioneers in Brackenfell gehou word. Daar sal ook, tydens dié veiling, ’n reeks kantoormeubels onder die hamer kom. Pragtige lessenaars, ontvangstoonbanke, kantoorstoele en skryfbehoeftekabinette van ’n konferensiesentrum in Kaapstad kom op die blok. Dié maatskappy is ook besig om respek te verwerf in die eiendomsveilingsmark met die suksesvolle veilings en kompeterende pryse wat by hulle by die verskeie veilings behaal.
Vir meer inligting oor enige van Western Cape Auctioneers se opwindende veilings, kontak gerus 0021 981 6687.
|
|