| |
Eiendomsveilings is een van die baie opwindende en suksesvolle verhale van die jaar vir die veilingsgemeenskap. Die hoeveelheid residensiële en kommersiële eiendomme wat op veiling geplaas word én verkoop word het met meer as 48% gestyg in die afgelope jaar. Western Cape Auctioneers glo om veilings op die verskeie persele te doenwat beteken dat hulle by die veiling by die eiendom doen. Dit gee voornemende kopers die geleentheid om by die eiendom te wees en seker te maak alle aspekte van huiskoop val in plek op die dag van die veiling. Die kompeterende aard van die veilingsprosedure skep ook ’n goeie markgerigte prys vir hierdie eiendomme.
Daar word gevind dat meer en meer mense vra om hulle eiendomme of kommersiële eiendomme tydens veilings te verkoop.
Op Woensdag 14 Oktober om 12:00 sal twee pragtige identiese eenhede in ’n veiligheidskompleks in Parklands onder die hamer kom. Dié eenhede is geskik vir jong paartjies wat die mark wil betree of vir beleggers wat die geleentheid gebied word om beide eenhede gelyk te koop.
Die eenhede bied elk drie slaapkamers, twee badkamers, ’n kombuis, ’n goed geboude leefvertrek wat uitloop op die agterplaas. Besigtiging van die eiendomme kan môre tussen 12:00 en 16:00 plaasvind en vir meer inligting, kan die afslaers gekontak word by 0021 981 6687 of bel vir mnr. Stef Olivier by 0082 823 2615.
Western Cape Auctioneers sal op Donderdag 15 Oktober terugkeer na hulle wortels met ’n massiewe spysenieringsveiling om 11:00 by hulle kantore in Okovangopark, Brackenfell.
Die bates van ’n hoenderverwerkingsfabriek, wat 100 hoenders op ’n slag kan slag, sal onder die hamer kom tesame met die bates van BBQ & Grill Deli and Restaurant wat in Bellville geleë was. Van die bates sluit in ’n groot deli vertoonyskas,regop vertoonkaste, koeldrankyskaste, kookplate,Henny Penny’s, restaurantmeubels, glase, breekware en nog baie meer.
Besigtiging is ’n belangrike deel vandieveilings.Kliënteworddiegeleentheid gegun om artikels te bekyk wat op veiling sal wees, ’n dag voor die veiling. Hulle kan die hele dag by Western Cape Auctioneers sepakhuis deurbring en items goed ondersoek en hulle somme gaan maak voor die eintlike veiling.
Western Cape Auctioneers se kenners is altyd op die vloer en reg om te help waar hulle kan. Mnr. Dawid van den Berg was ’n kombuis toerustingontwerper en sy deskundige raad is waardevol vir die wat belangstel in die oopmaak van’n nuwe restaurant. Hy het ses maande gelede by Western Cape Auctioneers aangesluit en homself reeds as ’n groot bate vir die maatskappy bewys.
Sy lewendigheid en entoesiastiese aanslag maak dit ’n plesier om saam met hom te werk. Hy het ook sy ervaring saamgebring en homself getransformeer om in die afslaerbedryf in te pas.
Enige restauranteienaar kan hom bel by 0082 930 9796 om sy raad te vra.
|
|