| |
Die spyseniersbedryf is besig om in rat te kom vir die seisoen met nuwe restaurante wat oop gemaak word en bestaande restaurante wat uitbrei. Met die somer om die draai, groei die aanvraag vir spyseniersgereedskap weekliks. Western Cape Auctioneers spesialiseer in veilings van juis hierdie bedryf. By dié veilings kan jy enige soort goedere vind soos koeldrankyskaste, kroegyskaste, vertoonyskaste, aartappelskyfiemakers, plat roosters, vlekvrye staaltafels en goeie gehalte restaurantmeubels.
Met die laas te paar veilings is die aanvraag vir kleiner kombuis gereedskap, eetgerei,breekware,glase en ander dinge wat in ’n restaurant benodig word, meer. Kliënte kan al hierdie items by Western Cape Auctioneers se veilings op Donderdae in Brackenfell kry.
Hulle kliëntebasis het reeds met meer as 200% gegroei wat beteken dat hulle die kliënte gelukkig hou. Dit is ook vir hulle belangrik om goeie gehalteitems op die vloer te hê en dat kliënte ’n groot verskeidenheid het om van te kies, sodat alle items wat benodig word, hiér verkry kan word.
Personeel werk oortyd, aangesien daar weekliks sowat twee restaurante toemaak en die items moet opgelaai en uitgepak word op die vloer om sodoende ’n gestruktureerde veiling te laat plaasvind. Die afslaers sien ook om na eerstekeer kopers en sodoende kom dié kliënte weekliks terug. Western Cape Auctioneers se naam is vir hulle baie belangrik, aangesien hulle die spesialiste in hierdie soort veilingsbedryf is en weeklikse veilings baie toewyding verg.
Die veiling van die afgelope Donderdag was op die bates van ’n onthaalmaatskappy in Durbanville en het al die kombuisgereedskap, tafels en stoele ingesluit.Hierdie week sal iets anders na die veilingsvloer bring wanneer pragtige emboyameubels sowel as kantoormeubels verkoop gaan word.
Die veiling vind Dinsdag om11:00 by Western Cape Auctioneers se perseel in Brackenfell plaas.
In die laaste week van September sal die personeel 200% gee wanneer hulle vier veilings in een week gaan hou.
Op Dinsdag 29 September sal ’n massiewe pakhuisveiling gehou word op buitemeubels van hout. Op Woensdag 30 September sal die bates van Gearbox & Tune Up Center op die blokwees en op Donderdag 1 Oktober sal die totale bates van Log Furniture Factory, sowel as spysenieringsgereedskap onder die hamer kom.
Vir nog inligting oor enige van Western Cape Auctioneers se veilings, skakel hulle gerus by 0021 981 6687 of besoek www.westerncapeauctioneers.co.za
|
|